Nuusflitse

Malema skuldig en onskuldig

Die Joernaliste Forum het hul saak teen Malema verloor in die Gelykheidshof rondom intimidasie, teistering en aanranding van joernaliste, maar Malema is skuldig bevind aan haatspraak in die saak wat Pravin Gordhan teen hom aanhangig gemaak het .

PIC dank batebestuurder af

Die Public Investment Company het bekend gemaak dat Victor Seanie afgedank is na ‘n dissiplinêre verhoor.  Dit volg na ‘n ondersoek rondom die kontroversiële belegging van R4,3 miljard in AYO Investments.  Seanie is in Januarie 2019 geskors saam met Fidels Madavo, PIC se hoof van genoteerde beleggings

Studente opstand

Studente van die Universiteit Wes-Kaap het weereens met protes optredes begin.  Klasse is ontwrig en verkeersvloei is belemmer deur die studente se optrede.  Die protes gaan klaarblyklik oor huisvesting.