Nuusflitse

Prasa baas en R57 miljoen

Dit blyk dat Daniel Mtimkulu, Prasa se geskorste hoof ingenieur, betalings goedgekeur het van meer as R57 miljoen aan ‘n maatskappy wat deur sy suster beheer is.  Bewerings is verder dat Mtimkulu die brein agter die maatskappy is. Geen werk is deur die maatskappy gelewer aan Prasa nie en enige betalings was dus onwettig.

Eskom

Die bankrot kragvoorsiener het aangekondig dat geen beurtkrag nie die week ingestel sal word nie, maar waarnemers sê die entiteit se wispelturigheid moet in ag geneem word dat hulle op enige oomblik weer soos verlede week, beurtkrag kan instel sonder ’n vooraf waarskuwing.