Nuusflitse

SA Poskantoor verliese word groter

Die verliese by SA Poskantoor het met meer as R95 miljoen vermeerder tydens die 2018/19 finansiële jaar.  Pos volumes het met bykans 8% afgeneem tot R2,8 miljard per jaar. Al lig in die tonnel is die uitkeer van sosiale toelaes deur die poskantoor wat R714 miljoen ingebring het..

DA hoof bedank

Die hoof uitvoerende beampte van die vêr linkse DA, Paul Boughey het bedank kort voor die party se Federale Raadsvergadering die komende naweek. ‘n Verslag wat ter tafel gelê gaan word beveel glo aan dat Boughney en die leier van die DA, Mmusi Maimane, moet uittree.

Mabuza se flou verskoning

David Mabuza, adjunk president van die ANC regering, het in die parlement verskoning aangeteken vir die nuutste krag onderbrekings wat sake ondernemings en matriek eksamens beïnvloed het.  Hy het Suid Afrika verseker dat die probleme by Eskom aangespreek sal word.