Nuusflitse

Listeriose aangemeld

Die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes het bekendgemaak dat daar 87 bevestigde gevalle van die siekte Listeriose aangemeld is. Een-en-twintig sterftes is aangeteken maar daar is nie rede vir paniek nie.  In Gauteng is 31, gevalle aangemeld en in die Wes-Kaap 23 asook 16 gevalle in Natal.

Evkom bestuurders weier

Meer as 100 Evkom bestuurders weier om deur die Staats Sekuriteit Agentskap ondersoek te word.  Daar is klaarblyklik ook senior persone in die regering wat self ook weier dat hulle sake ondersoek mag word. Dit is reeds in 2006 deur die regering goedgekeur dat staatsamptenare se doen en late  nagegaan moet word. 

Krag onderbrekings. Laaste strooi

 Die “onverwagse kragonderbrekings” kan die laaste strooi wees in die gradering van die land se ekonomie. Moody’s se gradering op 1 November kan die  land sy laaste beleggings gradering kos wat sal beteken dat alle graderings agentskappe die land as skroot status beskou.  Die Rand het onmiddellik Woensdag verswak na die aankondiging van die krag onderbrekings.

Twee leerlinge vermoor

Twee leerlinge van die Eastwood skool in Pietermaritzburg is dood in twee insidente.  ʼn Dogter is met ʼn mes gesteek en is nie ernstig beseer nie maar later is ʼn  graad 12 leerling in ʼn mesaanval gedood en sy aanvaller is kort daarna dood gevind buite die skoolgronde. In ʼn ander voorval is ʼn graad R leerling in Limpopo verkrag deur ʼn 35-jarige man. Sy het later beswyk.

SAA weier om regskoste te betaal

Die SAA het aangekondig dat hul nie die regskoste gaan betaal van hul uitgetrede hoof Dudu Myeni nie. Die saak tussen Outa, die SAA Loodse Vereniging  en Myeni duur voort in hul aansoek om haar as ʼn misdadige direkteur te verklaar.