Nuusflitse

Minister werk vir presidensiële grasie

Die minister van Justisie, Ronald Lamola het aangekondig dat sy departement in die proses is om #FeesMustFall aktivis, Kanya Cekeshe, te help om ‘n presidensiële grasie te verkry van Cyril Ramaphosa.  Dit volg na sy mislukte appel teen sy 8 jaar tronkstraf na sy skuldig bevinding van openbare geweld en opsetlike saak beskadiging van eiendom.

Parlementslede

Byna ’n driekwart miljard Rand is die afgelope dekade spandeer aan behuising vir parlementslede, wat daarop dui dat die politieke figure seker maak dat hulle in die vettigheid van die land woon terwyl miljoene in die grootste moontlike armoede verkeer.

Gesondheidsplan

Deskundiges voorspel dat Suid-Afrika se Nasionale Gesondheidsplan die land se grootste krisis ooit gaan veroorsaak as dit in werking kom en die land ekonomies tot rommelstatus val terwyl die geweld daarna ongekende hoogtes sal bereik.