Nuusflitse

Numsa se volgende staking

Die vakverbond Numsa beplan ʼn staking van hul lede.  Dit sluit in petroljoggies, voertuig vervaardiging se werkers en werkers by voertuig handelaars.  Salaris verhogings en nagskof toelaes vir petroljoggies is van die eise.

Dlamini Zuma erken foute

Die Minister van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini Zuma het gesê dat korrupsie en binnegevegte op plaaslike regeringsvlak die oorsaak is dat daar ‘n tekort aan vaardighede en geleenthede is in munisipaliteite.  Hierdie mislukking van munisipaliteite is ʼn beskuldiging wat op alle vlakke van die regering sigbaar is – aldus Zuma.

Malema verbind met VBS lening

Media berigte lui dat Malema betrokke kon wees by ʼn bedrieglike lening aansoek by die ontbinde VBS Mutual Bank. Malema se neef het na bewering miljoene rand ontvang van Malema se prokureur en ander maatskappye wat “werk” verrig aan die Limpopo regering.  Meer as R4 miljoen se betalings word uitgewys as kommerwekkend.