Nuusflitse

Myeni onaantasbaar?

Dudu Myeni ,die persoon wat SAA tot in die grond bestuur het,  het glo nie geld om ‘n hofsaak by te woon nie.  In plaas van ʼn bevel van inhegtenisname uit te reik  gee die regter haar kans om die volgende dag voor die hof te verskyn. Haar regsverteenwoordiger het ook nie opgedaag by die hof nie. Onder Myeni se bestuur het SAA R10,5 miljard verliese getoon.

Beleggers raak ontslae van SA Effekte

Die verkoop van SA Effekte deur buitelandse beleggers het verlede week ‘n twee-jaar hoogtepunt bereik toe meer as R10,7 miljard se aandele verkoop is in vyf dae se tyd . SA aandele het met 5,8 % gedaal binne drie maande.   Vrese oor Moody’s se gradering en die stagnante groei van die ekonomie is faktore wat die uitvloei van beleggings aanhelp.