Nuusflitse

SAL en SA Express

SAL en SA Express is nie in staat om hul jaarlikse finansiële verslae te finaliseer nie. Volgens Pravin Gordhan ervaar beide SAL en SA Express ernstige finansiële probleme en is nie in staat om dag tot dag verpligtinge na te kom nie.  Die regering is steeds besig om aan ʼn plan te werk om SAL, sowel as SA Express en Mango te konsolideer.

Oor-grens misdaad neem toe

Volgens die SA Inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter , is die Oor-grens misdaad besig om toe te neem. Bedrieglike invoere kos die staat miljoene rand per jaar, met Indië en China op die voorpunt genoem in die saak.  Die probleem word vererger deur korrupte doeane en aksyns beamptes wat saamwerk met sindikate.