Nuusflitse

Valke op spoor van korrupte beamptes

Die Valke het ʼn taakmag saamgestel om wanadministrasie en korrupsie te ondersoek in munisipaliteite regoor die land.  Natal , die Vrystaat en Gauteng is eerste geteiken om ondersoek te word.

Buitelandse beleggers “vlug”

Bykans ʼn maand voordat Moody’s sy volgende gradering van die SA ekonomie moet doen is buitelandse beleggers reeds besig om geld die land uit te neem uit vrees vir verdere afgradering.   S&P en Fitch graderings agentskappe het SA reeds afgradeer tot rommelstatus.  Sou Moody die land afgradeer kan SA soveel as $15 miljard verloor aan oorsese beleggings.