Numsa maak geen toegewings met eise

Die vakbond, Nasionale Unie van Metaalwerkers van SA (Numsa) het die jongste loon aanbod verwerp wat vir sy werkers in die Motor Industrie se bedingingsraad beding is.

Numsa het die naweek bevestig dat die aanbod nie aanvaar is nie en het herhaal dat hy nie kompromieë sal aanvaar vir sy meer as 300,000 werkers in die bedryf nie.

Die vakbond woordvoerder sê ’n nuwe ooreenkoms word onderhandel nadat die vorige ooreenkoms se termyn in Augustus vanjaar verval het, en onderhandelinge word sedert Julie gevoer, maar tot hede kon geen aanvaarbare voorstel aangebied word nie.

Nagskof toelaes vir petroljoggies, hoër lone, word geëis, en die aanbod van ’n 6% verhoging word geheel en al verwerp.

Die eise van vakbonde het salarisse in die breë arbeidsmark die hoogte ingeskiet en ’n groot rol vervul in die uiters swak finansiële toestand van die land.