Noord-Korea lanseer ballistiese missiel

Uit Seoul, die hoofstad van Suid-Korea, word berig dat die noordelike buurstaat, Noord-Korea, moontlik een ballistiese missiel vanaf ’n oorlogskip lanseer het.

Die missiel is lanseer as deel van die land se kernwapen toets program, en het plaasgevind enkele dae voordat samesprekings tussen die afvaardigings van Amerika en die Skiereiland plaasvind.

Die lansering word wêreldwyd beskou as die meeste provokasie toets van Noord-Korea sedert onderhandelings met die VSA begin het in 2018.

Politieke analiste sê die optrede van die kommuniste is waarskynlik om die wêreld se aandag te vestig op sy vermoë om kernwapens en ballisties missiele te vervaardig.

Ontleders reken egter die optrede van Kim Jong-Un kan as uitdagend beskou word en het weer ’n vermaning tot die VSA gerig dat Noord-Korea nie vertrou kan word en dat sy metodes van onderhandeling slegs ’n wyse van optrede is om die Amerikaners besig te hou.

Die voorspelling word gemaak dat die onderhandelings uiteindelik skipbreuk sal lei en dat die Noord-Koreane sal voortgaan met die ontwikkeling van kernwapens.