Noord-Korea bevestig lansering van missiel

Die regering van Suid-Korea het bekend gemaak dat Noord-Korea ’n verklaring uitgereik het waarin bevestig is dat ’n geslaagde toets uitgevoer is met die lansering van ’n ballistiese missiel.

Die kommunistiese Noord-Korea het sy program van kernwapen ontwikkeling voortgesit met die lansering van ’n missiel vanaf ’n oorlogskip.

Die Koreane se program van kernwapen ontwikkeling gaan onversteur voort terwyl die volgende rondte samesprekings met ’n Amerikaanse afvaardiging eersdaags begin.

Die lansering het woede ontketen onder die Japanese regeringslui wat beweer dat die missiel in sy gebiedswaters neergeplons het.

Sedert die eerste samesprekings tussen die twee lande se leiers begin het, is verskeie toetsprogramme uitgevoer deur Noord-Korea wat meningsvormers laat glo dat gesprekke met die kommuniste ’n vrugtelose oefening is.