Nog ministers in kollig

Nathi Mthethwa

Die voormalige Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het ʼn luukse Mercedes Benz “ontvang” vanuit die Misdaad Intelligensie fonds ter waarde van R373,000.  Dit is volgens Kol D. Naidoo voor die Zondo kommissiegetuig.  Mthethwa is tans die Minister van Sport, Kuns en Kultuur.

Intussen het dit aan die lig gekom dat familielede van Richard Mdluli meer as R5 miljoen betaal is as “agente” van Nasionale Intelligensie.

Politieke ontleders is aan die gis oor watter optrede Ramaphosa gaan volg wanneer sulke bewerings met die nodige bewyse bevestig word.