Nog meer sterf in Irak opstand

Onbevestigde berigte lui dat die opstand in Irak tot die dood van meer as 80 mense gelei, en dat honderde beserings opgedoen het.

Baghdad was die afgelope weke omskep in ’n slagveld toe veiligheidsmagte met geweld wou voorkom dat die oproerige protesteerders teen die regering die hoofstrate van die stad inneem.

Demonstreerders wat op die voorpunt was om die polisie met klippe en brandbomme te bestook, is met lewendige ammunisie geskiet, en in die proses is honderde mense gewond

Die verset optogte teen die regering van Eerste Minister Adel Abdul Mahdi se regering het die afgelope maand tot ’n revolusionêre vlak gestyg, en die regering sê dit grens aan terrorisme, wat die sterk optrede van die veiligheidsmagte vereis het.

Die polisie het opdrag gekry om alle moontlike maatreëls toe te pas om die protesteerders in toom te hou, maar selfs die dood van baie betogers kon tot hede nie verhinder dat die demonstrasies voortgaan nie.