Niks gekry van miljarde se betaling

Die Departement van Sosiale Ontwikkeling het nie die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika vanjaar beïndruk met die verkwisting wat ontdek is nie.

Die Departement het R2 miljard uitbetaal waarvoor niks in ruil ontvang is nie, en die onregmatige uitbetalings is hoofsaaklik te wyte aan Sassa se betaling aan kontrakteurs vir dienste wat nooit gelewer is nie.

Die betalings aan kontrakteurs beloop R78 miljoen wat die afgelope boekjaar verkwis is sonder dat enige amptenaar ’n poging aangewend het om te voorkom dat die uitbetalings gemaak word.

Die Ouditeur-Generaal, Kimi Makwetu, het aan ’n parlementêre komitee gesê die Departement kry gevolglik nie ’n ongekwalifiseerde verslag nie.