Nasionaliste ruk Kanada tot denke

Yves-Francois Blanchet

Separatiste in die Kanadese provinsie Quebec wat hulle eise om onafhanklikheid te kry, ietwat versag het, is die grootste rede waarom die Eerste Minister so baie steun verloor het.

Die Franstalige provinsie het reeds vir baie jar ’n stryd om onafhanklik te word van Kanada, maar het eers vanjaar sterk na vore gekom met die verkiesing waartydens die separatiste leier, Yves-Francois Blanchet, sterk opgetree het en ’n veel groter steun gekry het as wat algemeen verwag is.

Dit is algemeen aanvaar dat die goeie vertoning van Yves-Francois Blanchet die hoofrede is waarom die Liberale Party van premier Trudeau vir die volgende vier jaar ’n minderheidsregering sal wees wat weinig sal gedoen kry as dit nie die opposisie partye se goedkeuring het nie.

Onder die separatiste se sterk leier het hulle van 10 setels in die parlement, nou gespring na 32 verteenwoordigers in die Franssprekende provinsie.