Namibiërs oppad na stembus

Hage Geingob

Die kiesers van die woestynland Namibië sal op 27 November na die stembus gaan om verteenwoordigers vir die landsregering te kies.

Dit word algemeen aanvaar dat Hage Geingob weer verkies sal word om die land te regeer, maar volgens peilings met ’n veel kleiner meerderheid.

Die meerderheid van sy regering het nou die laagste vlak bereik sedert die land se onafhanklikheidswording van 30 jaar gelede.

Hage Geingob is die land se derde president, en is redelik verseker van ’n tweede termyn aan bewind, maar die groot agteruitgang van die land se ekonomiese stand laat kiesers nou rondkyk na ander partye om die land weer op dreef te kry.

Die president word deur nege ander politieke partye geopponeer, maar die partye is almal erg verdeeld en geniet weinig steun.