Multi-miljoen projek vir Oos-Tvl

’n Multi-miljoen rand projek wat glo ontwikkel gaan word na aan die grens met Mosambiek, het vrae laat ontstaan en verskeie kenners het reeds die wenkbroue gelig dat dit weer tot nog ’n mislukking gaan kom.

Met die spoor en pad verbindings tot hulle beskikking as deel van die vereiste infrastruktuur, word dit glo gesien as ’n spesiale ekonomiese streek waar verwagte groei deur nuwe beleggers ’n moontlikheid is.

Die projek het ten doel om gewasse te pant en uit te voer na Mosambiek, en die sogenaamde stigting van Nkomazi se spesiale ekonomiese sone sal glo fokus op “agro-prosessering”.

In Desember verlede jaar het die Departement van Handel en Nywerheid die provinsie goedkeuring gegee om die 673 hektaar grond te ontwikkel.

Nagenoeg R4 miljard word as belegging gesien, wat klaarblyklik ook ’n aansienlike aantal werksgeleenthede sal bied, maar of die nuwe projek ook soos die Vrede suiwel projek gaan eindig sal net die tyd leer, het landbou deskundiges gesê.