Miljarde euro vir Siriërs se behuising

 Turkye het ’n finansiële plan opgestel vir die konstruksie projek om meer as een miljoen Siriese vlugtelinge te hervestig in ’n “veiligheid sone” .

Die projek wat sowat 27 miljard dollar sal kos, sal ’n nuwe tuiste skep vir Siriese vlugtelinge wat die land verlaat of rond geswerf het terwyl oorlog gewoed het oor ’n wye gebied.

Die Turkse president, Tayyip Erdogan,  het planne bekendgemaak tydens sy toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering.

Turkye vra noudat die Verenigde Nasies sy plan moet goedkeur en finansiële bydraes maak om die vlugtelinge van huisvesting te voorsien.

Turkye vra ook dat ’n 40 kilometer breë “veiligheid sone” ingestel word tussen sy land en Sirië, waar die vlugtelinge gehuisves kan word.