Merkel verloor steun, sosialiste groei

Ondersteuning vir die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, se Christen Demokratiese Unie (CDU) het die afgelope week drasties gedaal terwyl haar sosialistiese koalisie vennoot aansienlike steun gekry het.

Die peiling is gedoen na aanleiding van Duitsland se aankondiging dat meer geld vir klimaat beskerming aangewend gaan word, wat ’n sterk beleidsaak is vir die Sosiaal Demokrate wat vir dekades Merkel se opponente was, maar later die koalisie vennoot geword het.

Merkel het 2% steun verloor en volgens die peiling, wat gewoonlik akkuraat is, het haar CDU slegs 27% steun saam met haar jarelange alliansie vennoot van Bavaria, die Christen Sosiale Unie.

Die linkse Groenes het 21% steun en die Sosialiste 16%, wat beteken dat hulle sowat 1,5% groei getoon het sedert ’n vorige opname.

Die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD) se steun het met 3% gestyg tot 15% en die Vrye Demokrate het steun verloor.