Merkel se waarskuwing geïgnoreer

Kanselier Merkel

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, het Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan, in ’n telefoniese gesprek gewaarsku en gevra dat hy onmiddellik sy militêre optrede in die noorde van Sirië moet staak.

Die Turkse Weermag het reeds sowat 30 kilometer in Siriese gebied inbeweeg volgens die Turkse president, wat volgens waarnemers ’n aanduiding is dat hy geensins sal oorweeg om gehoor te gee aan Merkel se versoek nie.

Ingeligte bronne wys daarop dat die Westerse lande min opsies het vir optrede teen Turkye aangesien hy ook ’n lid van die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (Navo) is,

Turkse optrede teen die Koerdiese magte word deur Westerse lande veroordeel, maar die Turkse regering beskou die Koerde as ’n terroriste beweging, alhoewel dit die Koerde is wat die Islamitiese Staat terroriste verpletter het.

Intussen het di Islamitiese Staat terroriste na Donald Trump se aankondiging dat hy die VSA troepe onttrek, weer gehergroepeer en is aanvalle op die Koerde uitgevoer.