Mantashe ontken omkopery

Die ANC se Minister van Minerale en Energie, Gwede Mantashe, sê geen omkopery het plaasgevind nie, maar politieke opponente eis ’n parlementêre Gesamentlike Komitee sitting oor Etiese sake.

’n Ondersoek na die beskuldiging teen die minister word op ’n breë front gevra nadat berigte gevlieg het dat hy R70,000 betaal het aan twee joernaliste om hulle monde te snoer oor sy seksuele bedrywighede.

Op die sosiale netwerk is daar selfs geëis dat die minister sy bedanking moet inhandig, terwyl ander vra wanneer die president gaan optree teen Mantashe.

In ’n verklaring wat dur die minister se kantoor uitgereik is, word dit gestel dat die minister nie skuldig is aan ’n omkoop skandaal nie.

Die bewerings gaan gepaard met die gerug dat twee joernaliste omgekoop is, maar tot hede is dit onbekend of daar wel twee joernaliste betrokke is, en wie hulle is.