Malema se “geskenk” gaar stof

Etlike maande voor die val van die omstrede VBS Mutual Bank het Malema ’n nuwe trekker aan ’n gemeenskap in Verre Noord Transvaal geskenk.

Die vreemde “donasie” was geskenk met die bedoeling dat die ontvangers daarvan hulle landbou produksie sal verhoog.

Die Polokwane-gemeenskap het die blou trekker in ontvangs geneem, maar daar waar Malema dit perkier het, staan dit steeds onaangeraak en stof vergader.

Dit word nou beweer dat die trekker betaal is met geld wat die rooi brigade by die bankrot VBS Bank gekry het.

Die geldjies is bekom nadat ’n tender ter sprake gekom het, en nou word die trekker, die bankrot bankier, en die rooi brigade dalk onderwerp aan ’n deeglike ondersoek.

Onbevestigde gerugte lui dat ’n kontrak van meer as R1 miljard betrokke is wat uiteindelik die gawe skenking moontlik gemaak het.