Maimane se kop word gevra

Twee prominente wit lede van die ver linkse DA het ʼn afvaardiging gelei na die leier van die DA,  Mmusi Maimane, wie in omstredenheid gedompel is.  Die afvaardiging het na berig word, Maimane gevra om te bedank as leier van die DA terwille van die party.

Ondersteuners van die DA sien die versoek as ʼn herlewing van die DA se liberale wit lede wat lank die septer geswaai het in die party.

‘n Vroeë kongres van die party is op die tafel en die versoek is dat Maimane nie weer beskikbaar moet wees nie. 

Wat beskou word as die “Regse element” binne die linkse party, is glo agter die optrede om van die leier ontslae te raak.

Intussen is Helen Zille skielik weer op die toneel en is sy blykbaar beskikbaar om vir die party se voorsitterskap van die Federale Raad te staan.