Maimane gedoem tot mislukking

John Steenhuisen

As die uitgeskopte leier van die DA gedink het om ’n nuwe party te stig, kan hy net eers kennis neem van die werklikheid in Suid-Afrika se nuwe politieke bedeling.

Wegbreek politieke partye is gedoem tot mislukking, en daarvan is talle voorbeeld reeds soos wat Cope en EFF getoon het saam met vele ander wat nog swakker gevaar het.

Die DA wat nie ’n wegbreek party is ni, kon slegs ’n beperkte mate van steun kry uit die ANC, maar die ANC-SAKP alliansie is die struktuur wat die oorgrote meerderheid swart kiesers sal ondersteun.

Die neiging is aanvanklik in ander Afrika lande waargeneem, en miskien is Zimbabwe die beste voorbeeld, waar kiesers baie moes ontbeer onder Mugabe se diktatorskap, maar hulle het elke verkiesing weer vir die party gestem.

Intussen het die DA aangekondig dat John Steenhuisen gekies is as leier in die plek van Maimane, en daarmee ook die beskuldiging gekry het dat dit nou weer ’n “wit party” is en talle swartes ’n ander politieke tuiste gaan soek het.