Lykshuise raak oorvol

In die sentrale gebied van Transvaal is 1,117 lyke in tien forensiese lykshuise wat onopgeëis of ongeïdentifiseerde is.

Die dood van die persone is hoofsaaklik as gevolg van geweldadige oorsake wat klaarblyklik n rede is waarom die liggame nie opgeëis word nie.

Die vermoede bestaan ook dat die meerderheid van die gevalle persone is wat of haweloos was of uitlanders is sonder enige vorm van identifikasie.  Daar gaan nou glo gepoog word om ʼn webtuiste daar te stel waarop mense naasbestaandes kan identifiseer sonder om na ʼn lykshuis te gaan.

Kenners reken egter dat dit nie die oorvol lykshuise se getalle sal verminder nie, aangesien dit meestal mense was wie nie oor internet geriewe beskik nie.