Laaste kans vir Brexit ooreenkoms

Die leiers van die Europese Unie het in hulle onderhandelings met die Britte binne twee dae die moontlikheid van ’n ooreenkoms bevestig, alhoewel nog talle aspekte nie afgehandel is nie.

Die tyd vir onderhandel het uitgeloop en ’n ooreenkoms is op die laaste oomblikke bereik wat deur beide groepe aanvaar en onderteken is. Maar Johnson se taak eindig nie daar nie.

Hy sal met die onderhandelde skikking na die parlement moet terugkeer en ’n finale goedkeuring te kry alvorens Brexit se akkoord werklikheid word.

Die Brexit krisis het daartoe gelei dat Skotland gereedmaak om ’n wettige referendum te beding om daarmee Skotland onafhanklik te maak van die Verenigde Koninkryk, en om weer lid te word van die Europese Unie.

Die ontmoeting tussen Eerste Minister Boris Johnson van Brittanje met leiers van die Europese Unie was sy eerste vergadering met hulle, en waarskynlik ook die laaste om oor Brexit te onderhandel.

Of Johnson daarin gaan slaag om parlementêre goedkeuring te kry vir sy ooreenkoms, word bevraagteken aangesien die linkse Arbeidersparty alles moontlik sal doen om te voorkom dat ’n ooreenkoms aanvaar word.