Kurz wen Oostenryk verkiesing


Sebastian Kurz

Die voormalige kanselier van Oostenryk, Sebastian Kurz, het weer die verkiesing gewen, en hierdie keer sy meerderheid aansienlik vergroot.

Kurz het vier maande gelede sy amp as kanselier verloor nadat die leier van die nasionalistiese koalisievennoot in ’n korrupsie skandaal betrokke was.

Kurz het die vennoot se bedanking geëis, waarna die koalisie opgebreek is en die land aangewys is op ’n regter as tussentydse regeerder tot ’n nuwe verkiesing gehou kon word.

Die 33-jarige Kurz, wat as die nuwe opkomende ster van Europa gesien word, het egter sy meerderheid vergroot deur duisende kiesers van die Vryheidsparty te trek na sy konserwatiewe Volksparty, en daarmee ’n meerderheid van 37% steun gekry teenoor die tweede grootste party se 21%.

Meningsvormers reken Kurz het nou ’n gemaklike voorsprong en kan uit ’n posisie van krag met al die opposisiepartye onderhandel om ’n koalisie saam te stel.