Krugerdag viering by Paardekraal

“God se Woord is dan ook die rigsnoer in alles. Om dit te kan volg, moet die volk met die Bybel vertroud wees.”

Paul Kruger

Pres. Paul Kruger

Op Saterdag 12 Oktober, twee dae na President Paul Kruger se geboortedatum van 10 Oktober, word die jaarlikse feesvieringe weer aangebied by Paardekraal in Krugersdorp.

Soos gewoonlik sal dit weereens ’n luisterryke geleentheid wees en alle volksgenote word opgeroep om die dag saam te trek by een van ons volk se beroemdste monumente.

Die program is soos hiermee aangedui, waarna almal heerlik saam kuier om die braaivleisvuur.

10H00 – Opening by Paardekraal

10H15 – Vaandel parade

0H30 – Prosessie na standbeeld

11H00 – Historiese oorsig

12H00 – Braai by Paardekraal

(Pap, sous en kole sal verskaf word.