Krieket SA stort in duie

Corrie Van Zyl, waarnemende direkteur van Krieket SA en Thabang Moroe, die Hoof Uitvoerende Beampte het albei die trekpas gekry wat die sport liggaam se algehele chaos bevestig.

Met die uitkloppery is Krieket SA nou sonder enige besluitnemers en die vrot vertonings teen Indië sal waarskynlik voortduur teen enige ander span.

Die senior besluitnemers se dienstigheid aan die ANC regering om gehoor te gee aan die eis dat swart spelers ingesluit moet word, ongeag of die spelers dit verdien of nie, het Suid-Afrika in ’n liederlike penarie gelaat.

Die Proteas kon geen wedstryd wen nie, en het telkens so vêr verloor dat daar op die sosiale netwerk die spot gedryf is met die swak vertonings. .

Intussen is verneem dat die hoof Finansiële sake van Krieket SA, Naasei Appiah, ook die trekpas gekry het.