Kosovo opposisie wen naelskraap

Glauk Konjufca

Die amptelike opposisieparty in die klein Oos-Europese staat Kosovo het die algemene verkiesing met ’n geringe meerderheid gewen.

Die Vetevendosje opposisieparty se leier, Glauk Konjufca, het 26% van die stemme getrek teenoor die 25% van die regerende koalisie party, wat die samestelling van ’n koalisie regering uiters moeilik sal maak.

Die regerende Demokrate het sonder die koalisievennote se stemme, slegs 12% van die stemme getrek.

Die Verkiesingskommissie het die uitslag bekendgemaak nadat meer as 80% van die stemme getel is.

Kosovo se 1,8 miljoen inwoners se land beslaan 11,000 vierkante kilometer en is jarelank in konflik met die aangrensende staat van die Serwiërs.