Kommunis terug by ANC en NUK

Blade Nzimande

Kort voor die Kommunistiese Party ontslae sou raak van Blade Nzimande het die topstruktuur van die ANC hom gekoöpteer op hul Nasionale Uitvoerende Komitee.

Die SAKP was krities teenoor die ANC weens die min verteenwoordiging wat hulle het in die partystruktuur sedert 2017.

Die skielike verandering en ʼn vryery na die SAKP se steun weens die dreigement dat die vakbond die volgende plaaslike verkiesing onder ʼn eie vaandel as party wil voer.

Die dreigement om steun aan die ANC te onttrek het reeds voor die vorige algemene verkiesing na vore gekom, en die vrees bestaan in ANC geledere dat vakbonde kan saamstaan in ʼn nuwe party wat die nuwe regeerders kan word.