Koerde beskuldig Turke van aanvalle

Die Siriese Demokratiese Mag wat deur die Koerdiese vegters gelei word, beskuldig die Turkse regering en die land se Weermag van ’n massiewe aanval op drie dorpies in die noorde van Sirië.

Die Turke word beskuldig daarvan dat hulle met ’n groot land-offensief begin het te midde van die Russiese toetrede in die gebied, maar Rusland sê die vredesplan wat die afgelope paar dae bereik is, gaan goed aan en word geen geweld waargeneem nie.

Die Russiese plan, wat deur die Turkse president, Tayyip Erdogan, aanvaar is, is ook deur die Siriese Koerde aanvaar.

Die spanning tussen Turkse magte en die Koerdiese vegter het hooggeloop nadat die VSA aangekondig het dat hy sy troepe aan die gebied onttrek.