Klagte dat Gordhan media wil inperk

Pravin Gordhan

Minister Pravin Gordhan van die ANC regering word deur die South African businessman se Iqbal Survé daarvan beskuldig dat hy die media se reg op vryheid van spraak wil inperk.

Die  Independent Media Group beweer dat die ANC regering se ministers pogings aanwend om die groep se publikasies die mond te snoer omdat daar te veel getuienis is teen Pravin Gordhan.

Woensdag is die media groep se kantore deur die polisie in ’n sogenaamde “klopjag” deursoek, en lede van die groep sê die ondersoek was gefokus op die Kaapstad kantore, maar die ondersoekers sê hulle het die kantore deursoek oor beweerde onwettige aandele handel.

Dit wil voorkom asof die ondersoekers ’n intimiderende poging aangewend het om die minister te beskerm met die hoop dat iets onwettig gevind sou word.