Kimberley sit sonder water

Inwoners in die Noord-Kaapse munisipaliteit van Sol Plaatjies wat Kimberley insluit, is nog steeds sonder water in hulle krane.

Na vier dae van leë krane terwyl beloftes van ’n nuwe waterpomp nog niks gelewer het nie, is mense radeloos oor die onbeholpenheid van die plaaslike owerheid.

Duisende mense in Kimberley moes self planne beraam om water te bekom, en enkele boere in die nabyheid het water na die blanke woonbuurte aangery om die nood t verlig.

Munisipale amptenare het inwoners versoek om gereed te maak vir 48 uur sonder kraanwater, maar dit het mense uitermatig verontrief toe daar na vier dae nog steeds nie water in die krane was nie.

Hewige kritiek is uitgespreek teen die onbekwaamheid en roekelose wyse waarop die ANC amptenare omgaan met die belange van die stad.

Skole moes sluit en hospitale het moeite ondervind om water te voorsien aan die graat aantal pasiënte se noodsaaklike behoeftes.