Kim Jong-Un wil spanning verminder

Spanning sal verminder tussen Noord-Korea en sy suidelike buurland, Suid-Korea nadat Kim Jong-Un aangekondig het dat hy die Mount Kumgang oord gaan aftakel wat deur die Suide opgerig is.

Die kommunistiese leier sê die oord wat in ’n swak toestand is, moet opgradeer of herbou word sodat dit tot ’n moderne oord verander kan word.

Die optrede van Kim word gesien as ’n poging om die verhouding met die Suid-Koreaanse regering te verbeter wat in die afgelope maande versuur het.

Die oord wat jare gelede dur die Suid-Koreaanse regering opgerig is aan die kommunistiese kant tussen die twee lande, word deur politieke ontleders gesien as ’n skuif van die kommuniste om die verswakte verhouding met Amerika te verdoesel deur nou op sy gebruiklike wispelturige metode, toenadering te soek tot Suid-Koerea.