Khawuleza model kry R28 miljard

Die regerende ANC se president, Cyril Ramaphosa, het verklaar dat die Khawuleza munisipaliteit en omgewing die plek is om werksgeleenthede te skep.

Hy het die sogenaamde metropolitaanse weergawe van stapel gestuur vir die

 Khawuleza District Development Model, wat glo ook kommunikasie tussen die regering en die departemente sal verbeter.

Ethekwini Metropolitaanse Munisipaliteit sal glo R28.6 miljard kry om die Khawuleza projek te inisieer.

Die distrik se model sal glo die reuse bedrag oor ’n tydperk van 5 jaar ontvang vir die projek, en beplanning en spandering van fondse sal met die regerings geïntegreer word.