Kataloniese separatiste eis onafhanklikheid

Separatiste in die Spaanse deelstaat Katalonië het met hernude protes optogte begin in die hoofstad Barcelona om weer te begin met eise om onafhanklik te raak van Madrid.

In die jongste optog is ’n spoorwegstasie en verskeie hoofweë geblokkeer vir enige verkeer en het totale ontwrigting tot gevolg.

Die separatiste is woedend oor die hof se beslissing om 12 van hulle voormalige parlementslede wat betrokke was by die poging om onafhanklik te word, tronkstraf vir tot 13 jaar opgelê is.

In die tweede dag van optogte in Barcelona het een van die voormalige parlementslede gesê die druk sal volgehou word op Madrid tot ’n tweede referendum oor afskeiding gehou word, want Kataloniërs sal nie rus voor dit toegelaat word nie.

Die vorige referendum, waartydens die meerderheid kiesers van die deelstaat ten gunste van afskeiding gestem het, is deur Spanje as onwettig beskou en is die parlementslede wat daarby betrokke was, tronkstraf opgelê.