Karoo skalie gas weer in gedrang

Na meer as twee jaar van stilte oor die moontlikheid dat skaliegas ontginning in die Karoo ontgin gaan word, het die onaanvaarbare praktyk weer sy kop uitgesteek.

Onbevestigde berigte lui dat die ANC steeds sy visier op die praktyk het om die Karoo van sy ondergrondse waterbronne te beroof met die ontginning van skaliegas.

Die ANC se Mantashe het ook gesê skaliegas sal binnekort in die Karoo ontgin word.

Sterk optrede van deskundiges het daartoe gelei dat die Hooggeregshof en die Appèlhof gedurende Julie vanjaar enige moontlikheid om skaliegas te ontgin in die Karoo, finaal die nek ingeslaan.

Die ANC wat gedurig op die uitkyk is waar hulle nog geld kan kry, het klaarblyklik die bewering gemaak dat nuwe metodes ontwikkel is om die ontginning te doen, maar wetenskaplikes sê dit is om dieselfde perd ’n ander saal op die rug te sit – niks verander nie en die nuwe metodes moet eers wêreldwyd bewys lewer dat dit geen uitwerking het op die vernietiging van die onderaardse waterbronne nie.