Kapers “skotvry”

Van die meer as 16,000 kapings voorvalle wat in die 2018/19 jaar aangemeld is was daar weinig van die oortreders wat uiteindelik gestraf is vir hul oortredings.

Syfers wat vrygestel is toon dat een van elke 40 kapers werklik gearresteer en aangekla word vir hul misdrywe.

Dit is egter nie net die kriminele wat wegkom met hul misdrywe nie, want slegs 9% seksoortreders land uiteindelik agter tralies.

Waarnemers is van mening dat die regstelsel die land se inwoners faal, en dat die polisie en ander veiligheidsmagte se ondoeltreffende funksionering aan die toeneem is.