Kapers kaap Irannese kapers

Russiese kapers het toegeslaan op ’n span kuber kapers van Iran wat beplan het om aanvalle uit te voer op industriële instansies in meer as ’n dosyn ander lande van die wêreld.

Die inligting is die afgelope naweek bekendgemaak deur Amerikaanse en Britse regeringswoordvoerders wat sê die Islamitiese Republiek van Iran sit agter alles wat beplan was.

Die Russiese groep, wat bekendstaan as “Turla”, wat deur die Tsjeggiese Republiek en ander Balkan lande beskuldig word dat hulle namens die Russiese Veiligheidsdiens optree, beskik oor gesofistikeerde toerusting waarmee hulle reeds in meer as 20 lande met kapings besig was.

Die kapers is gedurig besig om nuwe metodes te ontwikkel om hulle eie identiteit te beskerm en aanvalle meer gesofistikeerd uit te voer, en word ’n toenemende gevaar vir die ganse kommunikasie industrie van die wêreld.