Kanadese waardes beslissend in verkiesing

Ses politieke partye neem deel aan die Kanadese verkiesing, en waarnemers sê dit is die hewigste stryd wat nog ooit in die land geheers het tydens ’n verkiesingsveldtog.

Kanada het ’n geskiedenis van rasse harmonie, maar die 2019 verkiesingsveldtog het rasse spanning gebring met die Eerste Minister Justin Trudeau se “swart gesig” foto wat deur die land getrek het en selfs op die sosiale netwerk tot ontsteltenis van menige kiesers beland het.

Die konserwatiewes en nasionaliste het die omstredenheid van die foto tot eie politieke voordeel benut met die klem wat gelê is op “Kanadese waardes” as teenvoeter.

Die kleiner politieke party, die nasionalistiese Volksparty van Kanada, wat tot stand gekom het deur die voormalige kabinetsminister Maxime Bernier, het in sy veldtog gewys op die gevare vir Kanadese burgers wat bedreig word deur onwettige immigrante en gesê hulle het geen begrip van “Kanadese waards” nie.

Gedurende 2019 het Kanada sowat 330,000 immigrante in die land toegelaat, wat onder die konserwatiewes en nasionaliste ’n bron van kommer is.