Kanadese premier sukkel in verkiesing

Yves-Francois Blanchet

Die Kanadese Eerste Minister, Justin Trudeau, se pogings om vir ’n tweede termyn die land te regeer, het ’n verdere knou gekry toe hy teen ’n nasionalistiese opponent in ’n debat hopeloos gevaar het.

Yves-Francois Blanchet, ’n politieke leier van die nasionaliste in Quebec, is ’n formidabele redenaar, en het tydens ’n TV debat, die premier totaal oorheers met kragtige argumente en standpunte.

Blanchet is later deur die ondersteuners van premier Trudeau as die wenner uitgewys, en die TV kanaal wat die debat gereël het, kon nie ander as om die premier te kritiseer vir sy swak vertoning nie.

Yves-Francois Blanchet se party het ook die afgelope weke ’n dramatiese styging in ondersteuning ondervind, wat daarop dui dat die 54-jarige man die politieke argument gebruik waarvan die kiesers hou.