Kanadese kiesers na stembus

Justin Trudeau

Die Kanadese Eerste Minister, Justin Trudeau, is in ’n verbete stryd gewees om die mag te behou, en die verkiesing van Maandag 21 Oktober kan beteken dat hy sy laaste oomblikke in die premier se kantoor gehad het.

Die jongste meningspeiling toon dat dit ’n gelykop stryd is tussen die premier se sosialiste Liberale Party en die konserwatiewes van Andrew Scheer.

Alhoewel die uitslag verskeie verrassings opgelewer het in die verskillende kiesafdelings, is die finale uitslag

Dinsdag het die amptelike uitslag gekom, en het die Sosialiste wel die meerderheid stemme getrek, maar dit is so ’n klein meerderheid dat die Eerste Minister met ’n minderheid sal regeer.

Dit bring mee dat hy kwalik enige beleidsake sal kan toepas en word hy en sy regering die pion van die ander partye.