Johnson se Brexit voorstelle verwerp

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson se nuwe voorstelle is nie goed genoeg vir die Europese Unie en Ierland nie.

Johnson het die besluit in die Britse parlement afgemaak en gesê as dit so is dat die voorstelle nie aanvaar word nie, dan tree die Verenigde Koninkryk nog steeds uit die EU op 31 Oktober.

Die Johnson voorstelle is wyd in die Europese Unie verwerp, en Ierland het daarna verwys as dit die finale voorstel van Johnson is, dan is dit ’n uitgemaakte saak dat sy uittrede op 31 Oktober sonder ooreenkoms sal wees.

Die Europese Parlement se Brexit komitee het het gesê die voorstelle is nie volledig en word dus nie oorweeg nie.

Dit is onduidelik wat die Johnson regering se volgende skuif sal wees, maar welgestelde Britte is besig om hul geld na Switserse banke te skuif uit vrees vir ’n geen ooreenkoms uittrede uit die EU.