Johnson maak finale aanbod aan EU

Die langverwagte aanbod van die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, aan die Europese Unie om Brexit finaal af te handel, is pas bekendgemaak.

Johnson het die Britse kiesers belowe dat die Verenigde Koninkryk op 31 Oktober sal uittree uit die Europese Unie, met of sonder ’n ooreenkoms.

Tydens Woensdag se toespraak voor ’n rekord aantal ondersteuners, het Johnson weereens beklemtoon dat die Brexit episode nou gefinaliseer sal word.

Sy antwoord oor die groot geskilpunt van die grens tussen Noord-Ierland en die Republiek van Ierland kan opgelos word, se Johnson, deur kontrolepunte op die “ongeïdentifiseerde” grens op te stel.

Johnson is deur onlangse wetgewing wat ingestel is deur die Britse parlement, verplig om Brexit te finaliseer voor 19 Oktober, en indien dit nie slaag nie, moet hy uitstel kry met ’n nuwe datum vir uittrede.

Die skriftelike aanbod is aan die EU gestuur en finaliteit oor ’n moontlike verandering in die ooreenkoms word nou afgewag terwyl die datum van 19 Oktober nader skuif.