Johannesburg se burgemeester bedank

Herman Mashaba

Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, is volgens onbevestigde berigte reeds uit sy pos.

Dit is bekend dat die burgemeester uitgesproke is teen die vêr linkse DA se leierskap en met Zille se verkiesing as die voorsitter van die Federale Raad, is hy nog meer ontevrede.

Hy het voorspel dat die vervanging van die partyleier Maimane, dit wel ’n “witman” sal wees wat die pos kry.

Ingeligte bronne sê die burgemeester het Saterdag met die partyleiers gepraat en gesê as Zille gekies word as voorsitter, sal hulle sy bedanking kry.

Daarmee word die rassisme in die party se geledere na vore gebring, en verskil dit hoegenaamd nie van ander swart beheerde politieke partye in die land nie, het waarnemers gesê.