Johannesburg kry dalk rooi hemp

Die leier van die Rooi brigade, Malema, is ernstig dat Johannesburg ’n EFF lid as burgemeester kry na die DA lid uit die amp bedank het.

Tydens die EFF se konferensie by Nasrec, het die partyleier die wens uitgespreek dat ’n lid van sy party die nuwe burgemeester van Johannesburg moet word.

“Niemand praat van die EFF nie. Ek dink ons moet kyk na die moontlikheid om die burgemeester uit die EFF aan te wys. El verstaan nie waarom ons geïgnoreer word nie. Ons moet talent uit ons geledere identifiseer en die debat moet nie wentel om DA en ANC nie”, het Malema gesê.

Die leier het ook skerp kritiek uitgespreek teen sommige van die EFF “comrades” wat ook huiwer om ander partylede na vore te stoor om posisies te beklee.

Intussen is verneem dat die ANC hoop om die burgemeestersamp in te palm terwyl die DA nog skarrel oor sy reeks bedankings van die afgelope week.