Japanese keiser word wyd voorgestel

Die nuwe keiser, Naruhito, van Japan word volgende week vir die eerste keer aan die wereld bekendgestel wanneer die keiser en sy gade in ’n reeks spesiale geleenthede sal optree.

Nagenoeg 2,500 uitgesoekte hoëlui, ingeslote talle staatshoofde, sal die reeks verrigtinge bywoon wat op tradisionele Japanse wyse aangebied word soos wat dit reeds vir eeue lank gedoen word.

Verteenwoordigers van sowat 200 lande sal die feestelike geleenthede bywoon, om die bekendstelling van die 59-jarige  Naruhito en sy eggenote mee te maak.

Naruhito het die troon in Mei vanjaar bestyg nadat sy bejaarde vader, Akihito, die eerste monarg van die land geword het in die afgelope 200 jaar om te abdikeer weens swak gesondheid.