Japan se toekomstige keiser

Alhoewel die wêreld eers hierdie week kennis maak met die keiser wat pas ingehuldig is, maak die Keiserlike Huis gereed om die opvolger van die toekoms te skool en sal die 13-jarige Hisahito, gereed gemaak word vir die toekoms.

Hisahito het vir sy eerste openbare en oorsese reis in Augustus, Bhutan besoek, en dit is slegs enkele maande nadat sy oom,  Naruhito, as keiser ingehuldig is.

Die reis van die jong seun word gesien as sy eerste optrede om ook vertoon te word as die keiser van die toekoms van Japan.

Japan het ’n eeue lange geskiedenis van hulle keiserlike kultuur en die jong seun word nou reeds die eerste lesse geleer oor hoe om die Japanese monargie in stand te hou die dag as die huidige keiser, die 59-jarige Naruhito nie meer daar is nie.